Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Martinus de Beer

@ Sunday Times Books LIVE

Loftus Marais, ek soen jou sommer!

Eerder nie, maar ek het julle aandag getrek, of hoe?
Alhoewel die woorde…

hierdie idee is al banaal in die literatuur, en dit is nie 208 bladsye se deurlees werd nie

…nog soos ‘n mes in my rug sit, moet ek Loftus Marais bedank vir sy interessante resensie.

Maar dit is die resensies oor die resensie – iets briljants wat ek nog nooit van te vore gesien het nie – wat my aandag getrek het. Dit bewys weereens dat daar tussen die lyne van Hemelhel vir elke persoon ‘n ander storie lê. Party van die resensente se name ken ek en dit is ‘n eer om deur hulle beoordeel en verdedig te word. Ander ken ek nie, maar is verras deur hul treffende kommentaar.

Wonder jy nog steeds waarvan ek praat?

Gaan na Litnet se webwerf, beweeg die muis oor boeke/books en klik dan op resensies/reviews. Kies by die opsie select subcategory “Afrikaans”. Rol na onder en soek vir die resensies wat die naam Hemelhel bevat (sien, ‘n mens kan rekenaartaal in Afrikaans skryf).

Uiteindelik het ek die uiteenlopende en eerlike kommentaar gekry waarvoor ek al so lank wag. Jippee!