Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Martinus de Beer

@ Sunday Times Books LIVE

Bankrotskap, Ruda Landman, Etienne van Heerden en ‘n baie groot dankie

En so het Boeke-Insig se boektafel Vrydag gekom – teen R250-00 ‘n kaartjie vir nie-lede en R150-00 vir lede. Ek moet sê dat vir alles wat jy kry op so ‘n aand is R250-00 nie baie nie. Ongelukkig dwaal ek soortvan op die rant van bankrotskap en daarom is R250-00 ‘n magiese bedrag. My bankrotskap is gelukkig net tydelik, want ek spaar vir ietsie spesiaal (uhm, ja, ek sal julle later daarvan vertel). In elk geval, na ‘n vreeslike gewik en geweeg en ‘n traan of twee, het ek besluit dat ek eerder nie sal gaan nie. Ek was baie telleurgesteld, want Ruda Landman en Ettiene van Heerden sou daar wees en dit is ‘n hele ete en ‘n boekbespreking, ensovoorts, ensovoorts.

Maar die Here sorg vir ‘n mens. Vrydagmiddag skakel my gunsteling boeke-tannie – van Fascinations in Bloem – vir my en sê sy het vir my ‘n kaartjie. Ek was heeltemal oorstelp. Hoe sy geweet het dat ek so graag wil gaan en dat ek nie kon nie, weet nugter alleen. Ek trek my mooi aan, klim in my kar en ry Ilanga Estate toe. Vooraf het ek besluit dat, come hell or high water, vanaand sal ek met beide Ruda Landman en Ettiene van Heerden gesels.

Dit is toe baie makliker as wat ek voorsien het. In stede daarvan dat hulle agter in ‘n kamer wegkruip, is hulle toe sommer daar tussen die mense. Ek was steeds skrikkerig. Wat gaan Ruda Landman van my dink as ek sommer net uit die bloute op haar afstorm? “Nog ‘n mal celebrity-hunter,” het ek vermoed. Nie dat ek is nie, maar ek het soveel respek vir wat sy oor die jare vir Suid-Afrika gedoen het en kan nie dié geleentheid laat verby gaan nie.

Ek benader haar toe maar skelm uit ‘n hoek uit, sluip die hele tyd nader – en mors rooiwyn op ‘n tafel uit (sorry!) – terwyl ek dophou vir ‘n kans om iets te gaan sê. Ek skraap op die ou ent die moed bymekaar en WOW! Sy is ‘n wonderlike mens. ‘n Mens sou dink dat so ‘n groot Suid-Afrikaanse vermaaklikheidspersoonlikheid sou neerkyk op die gepeupel. Maar nee, haar voete is plat op die aarde. Sy het my nie vir ‘n oomblik laat minderwaardig voel nie en ek het nou net nog soveel meer respek vir haar as van te vôre. Baie dankie!

Ek was versigtiger vir Ettiene van Heerden. Hy is ‘n groot naam in die wêreld waarin ek nou my voete probeer vind (‘n mens moet versigtig wees om jouself nie in die voet te skiet nie) en hoog in die lys van skrywers wat ek nog graag wil ontmoet. Nadat ek hom op dieselfde manier benader het as mev. Landman – gelukkig het ek nie weer wyn gemors nie – ontdek ek dat hy is ‘n aangename mens vol advies en kennis.

Die res van die aand was fantasties, van die heerlike kos, gratis wyn en die live onderhoud tot by die geskenkpakkie aan die einde. Baie, baie dankie vir almal betrokke. Ek sweef nou nog op ‘n wolk.

P.S. die volgende boeketafel is oor drie maande. Sien gerus Boeke-Insig se tuisblad, of kliek hier.

 

Recent comments:

  • <a href="http://boekeinsig.book.co.za" rel="nofollow">Anja</a>
    Anja
    February 27th, 2008 @16:01 #
     
    Top

    Bly om te hoor jy het die Insig-Boektafel geniet!
    Terloops, Ruda Landman se volgende praatjie is met Erika Murray-Theron (Tapisserie met klein diere) en Nataniël (Kaalkop 2).
    Ek wag om te hoor van die "spesiale ietsie" waarvoor jy spaar?

    Bottom

Please register or log in to comment

» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat