Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Martinus de Beer

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

Ek leef nog!

Ek wil net gou sê dat ek nog leef. Of altans ek dink so – ‘n mens kan nooit te seker wees oor hierdie dinge nie. Ek is die laaste tyd baie besig. Dit sal my nie verbaas as ek intussen al die emmer geskop het nie en te besig was om dit agter te kom. Aan die anderkant het ek op die oomblik verkoue en ek dink ‘n mens moet lewe om ‘n verkoue te kry – altans ek hoop so!

Ja, wel… ek skryf hard (is dit die regte woord? Ek is besig om manies te raak oor woorde) die laaste tyd. Eintlik doen ek meer navorsing as skryf, maar dit is ‘n ander storie.

Cool runnings.


» read article

Steve se Spoeg Blok

Om jou naam en die berugte (oorwegend onregverdig, maar nie as sulks ‘n slegte ding nie) Steve se Spoeg Blok in dieselfde Google search te sien is seker genoeg om enige-iemand se hart te laat gaan staan (volg die voorafgaande link en tik dan “hemelhel” by “use Google to search SSSB” aan die regterkant van die blad in om die inskrywing te sien). Dit was met ‘n bewende finger dat ek op die link gekliek het. En toe bars ek in trane uit…
(more…)


» read article

Bankrotskap, Ruda Landman, Etienne van Heerden en ‘n baie groot dankie

En so het Boeke-Insig se boektafel Vrydag gekom – teen R250-00 ‘n kaartjie vir nie-lede en R150-00 vir lede. Ek moet sê dat vir alles wat jy kry op so ‘n aand is R250-00 nie baie nie. Ongelukkig dwaal ek soortvan op die rant van bankrotskap en daarom is R250-00 ‘n magiese bedrag. My bankrotskap is gelukkig net tydelik, want ek spaar vir ietsie spesiaal (uhm, ja, ek sal julle later daarvan vertel). In elk geval, na ‘n vreeslike gewik en geweeg en ‘n traan of twee, het ek besluit dat ek eerder nie sal gaan nie. Ek was baie telleurgesteld, want Ruda Landman en Ettiene van Heerden sou daar wees en dit is ‘n hele ete en ‘n boekbespreking, ensovoorts, ensovoorts.
(more…)


» read article

Loftus Marais, ek soen jou sommer!

Eerder nie, maar ek het julle aandag getrek, of hoe?
Alhoewel die woorde…

hierdie idee is al banaal in die literatuur, en dit is nie 208 bladsye se deurlees werd nie

…nog soos ‘n mes in my rug sit, moet ek Loftus Marais bedank vir sy interessante resensie.
(more…)


» read article